Ervaringsleer het begin toe jy jou eerste skree gegee het.
Dis reeds algemene kennis dat jy gedurende jou eerste twee lewensjare meer nuwe dinge geleer het as gedurende die res van jou lewe. Hoe? Deur ervarings.
Mense word deur ervarings gevorm.
ERVARINGSLEER is die proses wat ‘n kind tot ‘n volwassene laat ontwikkel. Die beginsel geld ook vir godsdiensopvoeding.
“Maar ervaringsleer in die Sondagskool? Dit kan tog nie. Hulle moet mos feite leer. En feite kan jy net leer as iemand jou daarvan vertel.” Dis tant Katti Gismus se mening.
Die tannie sit op slag die pot mis. Sy verstaan nie dat die evangelie nie uit feite saamgestel is nie, maar dat dit ten diepste gaan dit oor ‘n verhouding tussen ‘n Vader en sy kinders. Dis daarom gepas dat die ervaringsleer ook in ‘n verhoudingsomgewing sal plaasvind.
Loer gerus in by http://www.fxit.co.za vir maklike maniere om ervaringsleer toe te pas. Die kurrikulum sluit jaarprogramme vir gr 0 tot 12 in. Dis gepas vir skole, Sondagskole, kinderkerk, tienerkleingroepe, kampe, ens.