Leer lag-lag

“Hou op lag! Kan julle nie hoor dis die Here wat praat nie?” So waarsku my ouma vir my en Ellie Esau, my speelmaatjie op die plaas, toe ons oor iets lag terwyl die weer dreun.

Ook in die kerk mag ons nooit gelag het nie. Eendag het ek egter gesien hoe ‘n diaken nie kon ophou skud van die lag nie. ‘n Besoekende leraar van die Bybelgenootskap het gepreek. Op ‘n stadium raak hy dramaties en praat in ‘n amper-fluisterstem: “Dan kom die einde. En op daardie dag gaan dié wat nie vir die Here gegee het wat Hom toekom nie, ‘n onaangename verrassing kry. Hulle sal hoor: “UIT! UIT IN DIE BUITENSTE DUISTERNIS!” En met dié skrik tannie Poppie le Roux wat net agter die diakens sit, so groot dat sy gil sonder om tien te tel: “O jou bliksem!” Nie baie hard nie, maar ‘n paar diakens kon dit vir seker hoor!

Die arme kinders is geknyp of agterna gestraf as hulle nie stil gesit het in die kerk nie. Soms moes hulle sommer soggens èn saans kerk toe gaan.

God is dan gevisualiseer as ‘n “kwaai ou oom”. Altyd op die uitkyk vir stout kindertjies sodat Hy hulle kan straf. “Die Here sal jou straf as jy nie doen wat ek sê nie.”

Waarom? Waarom was dit so dat vrolikheid en vreugde nie met God geassosieer is nie? Ek Blog Christ of Apocalypsewonder of die voorstellings van God in antieke kunswerke nie deels hiervoor te blameer is nie. Die een langsaan, Christ of Apocalypse deur Milano in 1365, is ‘n tipiese voorbeeld: Jesus, ‘n bebaarde, ernstige ou man. Asof dit nie genoeg was nie, sluit die sketse in talle Kinderbybels aan by hierdie dwaling.

Dankie tog, ons is grootliks daar verby. Of is ons nou na die ander kant toe? Is die regte ding nou om met God of Jesus te praat soos met jou pêl op die sportveld? “Here, nou moet jy hier inkom. Help my om die issue te fix, dis te swaar vir my, jy’s mos slimmer as ek.” Jy’t seker ook al dié soort taal gehoor. Ja, Hy is by ons, in ons. Maar Hy’s nie op ons vlak nie.

Die FXit produkte skep balans tussen tè en tè. Te swaar en te lig; te hoog en te laag.

Die humor in die tienerreekse is nie “aangeplak” of steurend nie, maar effektief tot die ontwikkeling van die tema. Leermetodiek by die junior afdeling is deur pret en spel. Dis immers hulle natuurlike taal van kommunikasie

As jy nuuskierig is oor hoe dit werk om lag-lag te leer, gaan na www.fxit.co.za.

Skrywer: FXit.lessewatleef

BA degree Stellenbosch: Afrikaans-Nederlands and French Two diplomas in children's ministry: Petra Institute for Children's Ministry and UNISA. Staying in Centurion, Gauteng, South Africa

One thought on “Leer lag-lag”

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: