OP SPOED. En toe… DWA!

‘n Ryk en suksesvolle jongman is haastig op pad na ‘n belangrike vergadering. Hy vat sommer kortpad deur ‘n minder gegoede buurt. Dis moeilik om sy nuwe Jaguar in te hou, die ding wil net weg, amper asof hy ongemaklik met die mens-omgewing is.

Toe kom daar ‘n seuntjie na hom toe aangehardloop asof hy hom wil stop. Met sulkes moet ‘n ou nie oogkontak maak nie, dink hy. Dan vat hulle kanse.

Skielik hoor hy dwa! teen die agterste sydeur! Wat de…? blog dwa

Hy slaan remme aan en draai terug na die plek waar die baksteen gegooi is. Toe hy uit die motor spring, gryp hy sommer die snotneusseuntjie voor die bors. “Waddehel dink jy doen jy? Wie’s jy? Dis my splinternuwe kar en kyk hoe lyk hy nou!”

Bewerig pleit die outjie: “Sorry meneer asseblief, maar ek het nie geweet wat om nog te doen nie.” Hy kyk af en begin huil. “Ek het die steen gegooi omdat niemand anders wou stop nie.” Die man kyk hom verbaas aan.

Toe wys hy na ‘n bondel op die oorkantse sypaadjie. “Dis my broer, hy lê al ure daar. Uit sy rolstoel geval, nie die sloot gesien nie. Hy’s te swaar vir my. Kan meneer nie help nie?”

Die jongman sluk die knop in sy keel af. Vinnig stap hy na die gestremde man en help hom terug in die rolstoel. Hy gaan haal sy noodhulptassie en ontsmet sy wonde.

“Baie dankie oom,” sê die seuntjie, “God sal goed wees vir jou, jy sal sien.”

Stadig stap hy terug na sy kar. Die skade is duidelik, maar net daar besluit hy om nie die duik te laat herstel nie. Dit moet hom daaraan herinner om nooit weer so vinnig verby ander te jaag dat iemand jou ‘n baksteen moet gooi om jou aandag te kry nie.

Soms wanneer ons nie tyd het om na God te luister nie, of wanneer ons die kleintjies wat vir Hom kosbaar is minag, kan Hy dalk ‘n “baksteen” gebruik om ‘n duik te maak in dit waaraan ons te veel waarde heg.

 

http://www.fxit.co.za

 

Skrywer: FXit.lessewatleef

BA degree Stellenbosch: Afrikaans-Nederlands and French Two diplomas in children's ministry: Petra Institute for Children's Ministry and UNISA. Staying in Centurion, Gauteng, South Africa

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: