FXit skenk met vreugde ‘n geskenkpakkie vir die vreugdefees: lesse vir adventstyd! Die aanbod geld van 1 tot 30 November.
Die kort reeksie van drie lesse is in meer as een opsig anders as die ander lesse vir juniors. Dit word elektronies versend (gratis) en saam daarmee kom ‘n lekker kleurvolle PowerPoint program.
So kry jy dit: Gaan na WIE IS ONS / Kontak Ons op die lessewatleef blog en vul jou naam en e-pos adres in. Skryf Geskenkpakkie in die spasie. Dis natuurlik nie al wat jy hoef te skryf nie. Dit sal lekker wees om enige kommentaar, wenke of navrae te kry. Gaan grOOt!
“Hoe werk die goed in die praktyk?” Dis ‘n vraag wat ek gereeld hoor. Luister na die praktyk deur te klik op Die mense sê… (onder BLADSYE op die side bar).
Jy is natuurlik baie WELKOM OM ONS TE VOLG. Kies die volg-opsie op die side bar om seker te maak jy kry gereeld kennis van nuwe produkte of algemene inligting.