Toe swyg God baie lank…

Mense hou nie van Kersfees.2goed wat hulle uit hul gemaksone wil haal nie. Dis mos nie lekker om jou bier neer te sit, uit die lazyboy op te staan en die deur te gaan oopmaak vir die vrou wat (alweer) geld soek vir kankernavorsing nie.

Dis seker waarom die Israeliete God se profete geëlimineer het. Anders sou dit beteken dat hulle gewoontes moes verander. Hulle sou die lazyboy van eiebelang moes verruil vir die offeraltaar. Dis mos moeite man.

Maleagi was die laaste profeet van die Ou Testament. Toe swyg God vierhonderd jaar lank. En toe… toe stuur Hy sy Seun. God by die offeraltaar!

Dis so maklik – ook vir ons kinders – om die leunstoel (leuenstoel) evangelie van Kersfees te glo wat leer dat Kersfees ‘n geleentheid is om te ontvang en passief te geniet.

‘n Kort reeks van drie lesse (PowerPointprogram ingesluit) help die kind om ‘n ander Kersfees as die tradisionele te ontdek – ‘n Kersfees waarin die Gestuurde vir elkeen kom roep en sê: “So stuur Ek jou.”

FXit  voel so sterk hieroor dat hierdie reeks gedurende November GRATIS beskikbaar gestel word. Vul jou besonderhede op die lessewatleef blog in by Wie is ons / Kontak Ons en skryf Geskenkpakkie in die spasie. Geen versendingskoste.

Kies die volg-opsie op die side bar om seker te maak jy kry gereeld kennis van nuwe produkte of algemene inligting.

Sondagskool lesmateriaal vir gr R tot gr 11: www.fxit.co.za.

Skrywer: FXit.lessewatleef

BA degree Stellenbosch: Afrikaans-Nederlands and French Two diplomas in children's ministry: Petra Institute for Children's Ministry and UNISA. Staying in Centurion, Gauteng, South Africa

One thought on “Toe swyg God baie lank…”

  1. Great post! Die Boodskap moet altyd wees om te dien en dan reg deur die jaar ander te dien. Nie net nou as as deel van een of ander “Kersprojek” of om jou “community service” punte op te kry nie.

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: