Toe LUISTER ek na die kind. En toe…

Luisterʼn Sakeman van Kaapstad kom by sy nuwe motor aan terwyl ʼn straatseuntjie dit staan en bewonder. Hy vertel self:

Toe ek naderkom, vra die seuntjie: “Is dit Meneer se motor?” Dis myne, ja.

“Hoeveel het hy gekos, Meneer?” Ou seun, ek weet nie.

“Meneer lyk nie na iemand wat ‘n kar kan steel nie. Hoe het Meneer hom dan gekry?” My broer het dit vir my gegee.

Dit lyk of hy diep nadink. Toe kyk hy na my en sê smekend: “Ek wens…”

Ek dink toe hy gaan sê: “Ek wens ek het so ʼn broer gehad,” maar hy eindig die sin toe anders as wat ek verwag het: “Ek wens ek kon so ʼn broer wees.”

Sy woorde raak my so dat ek sommer lus kry om hom bly te maak. “Kom, klim in, dan voel jy hoe ry hy.”

“No ways, ek sal mos Meneer se kar vuil smeer.” Nie baie oortuigend nie en versigtig om nie die uitnodiging te bederf nie. Nadat ek hom oorreed het, klim hy gretig voor by my in.

“Sal Meneer voor my huis stilhou, asseblief?” Ogies vol verwagting.

Ek hou voor ʼn trap-ingang in ‘n agterstraatjie stil. Soos ʼn klipspringer is hy uit die motor. Na ‘n rukkie kom hy stadig die trappe af met ʼn kleiner seuntjie in sy arms. Die outjie is inmekaar getrek, seker as gevolg van polio. Versigtig sit hy hom op die onderste trap neer.

“Dáár staan hy, Boetie. Sy broer het dit vir hom gekoop. As ek eendag groot is, gaan ek vir jou net so ʼn kar koop, dan kan jyself na al die winkelvensters gaan kyk.”

Met ʼn knop in my keel sê ek: “Kom julle twee. Boetie gaan sommer al vandag die winkelvensters sien.” Ek help om kreupel seuntjie in die kar. By die sentrum laai ek hom in ‘n winkeltrollie. Albei se ogies glinster. “Wys vir my waarvan julle hou.”

Die volgende paar uur was seker die verrykendste tyd wat ek al ooit ervaar het. Ek kon ‘n broer wees.

Het ek nie by die seuntjie langs die straat gaan stilstaan nie, was my lewe baie armer.

Rykdom. Is dit die teenoorgestelde van armoede? Of is dit die binnevreugde van iemand wat geleer het om aandagtig en opreg na ander se behoeftes te LUISTER?

Dieselfde beginsel geld ook vir godsdiensopvoeding. LUISTER is die vertrekpunt van die verhouding tussen kind en opvoeder. Effektiewe leer vind binne verhoudings plaas.

Verhoudingsgerigte Sondagskoolmateriaal: www.fxit.co.za.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s