Vuil kinders laat my wonder…

Jeanette Clift George vertel die storie van ’n vrou en klein seuntjie wat saam met haar op ’n baie onstuimige vlug was. Elke keer as die seuntjie huil, gee die ma hom iets om te eet. Omdat die vlug so bumpy was het alles wat afgegaan het weer opgekom. Aan die einde van die vlug het die ma soos ‘n ontploffing in ’n mosterdfabriek gelyk en die seuntjie was net ‘n kleiner weergawe daarvan.

By die ontvangslokaal het daar ’n jong man, waarskynlik die pa, vir hulle gewag: ligte broek en hemp, duur leerbaadjie. Jeanette het gedink: As hy nou soos ek oor daai stink spulletjie voel, gaan hy die seuntjie een kyk gee, twee treë terugstaan en hom vra om nie sy ma se hand te los nie.

Maar hy doen dit nie. Hy gaan kniel by die vuil, taai mannetjie en druk hom styf vas, terwyl hy saggies iets in sy oor fluister. (Sy’t nie geskryf hoe hy sy mosterdgeel bedruipte vrou hanteer het nie. Ek wonder nog daaroor…)

Hoekom is ‘n mens se natuurlike neiging dikwels om ‘n situasie te systap wat van jou mag vra om jou klere vuil te maak? Hoekom laat jy nie maklik toe dat iemand anders se nood aan jou afsmeer nie?vuil kinders

Dit gaan oor omgee en verhoudings. Die pa se verhouding met sy kind het soveel omgee gegenereer dat skoon klere nie  vir hom prioriteit was nie. Dit laat my toe mos wonder:

Is daar in ons kerk en samelewing soveel omgee vir “vuil” kinders (kinders in nood) dat ons toelaat dat hulle vuil aan ons afsmeer? Dit sal beteken dat ons laag buig tot op hulle vlak en hulle taal praat. So nie, kan ons die pad na die koninkryk mis. Sowaar! Dis nie ek wat dit sê nie:

“As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie. Wie homself gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemel” (Matt 18:3-4).

As jy jouself as klein of gering beskou, sal goed soos skoon klere nie vir jou die belangrikste wees nie. Ook nie ‘n prestasiebonus, ‘n seevakansie of ‘n lekker band by die Kersdiens nie. ‘n Omgee-verhouding met kinders – dis DIE BELANGRIKSTE.

Jy kry hulpmiddels vir kinder- en tienerbediening by http://www.fxit.co.za

Advertisements

Skrywer: FXit.lessewatleef

BA degree Stellenbosch: Afrikaans-Nederlands and French Two diplomas in children's ministry: Petra Institute for Children's Ministry and UNISA. Staying in Centurion, Gauteng, South Africa

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s