Sondagskoollesse spring op soos paddastoele. Maar wat is “veilig”?

As jy google vir programme vir kinderkerk of Sondagskool, verdwaal jy tussen al die moontlikhede. Nou hoor ek jy sê “Ek soek iets wat wèrk.”  Blog 9 Wat WERK

Dis reg. Maar hóe moet dit “werk”?

Moet dit die kinders en tieners aktief besig hou? Moet dit so lekker wees dat hulle uitsien na die volgende keer? Moet hulle vir God (beter) leer ken? Moet die Bybelwaarhede so aangebied word dat dit deel van hul leefwêreld kan word? Moet dit al lank genoeg in die praktyk getoets wees? Moet dit deur kundiges ondersteun en geëvalueer wees?

Kom ons begin sommer by die laaste vraag. Ek lees die volgende op www.fxit.co.za by DIE MENSE SÊ:

Lesse wat Leef is die prettigste van die vyf Sondagskool reekse wat ek resenseer. Kinders leer regtig speel-speel met aktiwiteite en illustrasies wat by die lesse pas. Die boodskappe is werklik eenvoudig om te verstaan en word op ‘n onthoubare manier aangebied. [Retha Faurie: gelowigenondersoekend.wordpress.com]

In die twee bundels Van Adam tot Moses en Van Josua tot Jona werk jy chronologies – dis baie belangrik. Dit help die kinders om iets van die groter prentjie te verstaan. Ek hou van die onthourympies en ek weet hoe baie die kleuters daaruit gaan leer! [Carine Steyn, Petra Instituut vir Kinderbediening]

Die lesse voorsien in ‘n groot behoefte. Elke les is kort genoeg om maklik voor te berei, maar bevat genoeg pitkos. Die apparaat is gereed vir gebruik. Dis funksioneel, netjies en kleurvol. Die Bybel self staan deurentyd sentraal. [Helena Kriel, Tekkies kinderbediening, Reitz]

Die kinders leer diep Bybelwaarhede terwyl dit vir hulle na speel voel. Die hulpmiddels is maklik hanteerbaar en die leidsters geniet dit om daarmee te werk. [Ds Otto van Heerden, namens SJK van die OVS]

Jy kry o.a. ook die volgende op www.fxit.co.za:

Gratis VOORBEELDLESSE, ‘n KATALOGUS van die 21 produkte vir gr R tot gr 10 (16 in Afrikaans en 5 in Engels) en ‘n volledige TEMALYS. Die pryse en ander info is by BESTELLINGS.

Die meeste hiervan is ook as e-boeke beskikbaar.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s