Die FXit Bybelkurrikulum word in ouderdoms- of graadgroepe aangebied. In totaal is daar 21 produkte – 16 in Afrikaans en 5 in Engels. Die meeste is ook as e-boeke beskikbaar.
GRATIS VOORBEELDLESSE van elke reeks op www.fxit.co.za.
Hier volg ‘n kort oorsig van die reeks VAN ADAM TOT MOSES:
Ouderdomsgroep: vier- tot agtjariges
Inhoud: 22 chronologies verhalende lesse uit die Ou Testament. Onthourympies help om die verskillende gebeure te koppel.
Ingesluit by pakket: Visuele hulpmiddels, werkblaaie en praktiese opleiding vir aanbieders.
Die leertegniek is gebaseer op ervaringsleer en kreatiewe aktiwiteite, gefokus of die beginsel van leer-deur-spel.