Moenie als glo wat jy dink nie

Nou die dag in die coffee shop kon ek nie help om die gesprek by die tafel langs myne te hoor nie. (Verstaan mooi, ek het nié afgeluister nie; ek meen, waarna sou dit lyk as ek my ore daar sit en toedruk…)

So sit die twee (blykbaar jonkgetroud) toe en gedagtes wissel oor kitsresepte, die prys van hondekos en mans se energievlak met slaaptyd.  Maar ná die eerste cappucino draai die gesprek meer “geestelik”. Foto 1

Sê die een: “Ek dink regtig die kerk kan meer moeite doen met die sang. Hulle bid vir herlewing, maar Sondag se band het darem erg oeserig geklink. En die girltjie wat gesing het se knieë is te knokkerig vir so ‘n kort rokkie.”

“Ek stem,” ondersteun die ander een, “en ek dink ook as die dominees nie hulle sokkies optrek nie, word ons kerk later soos die kerke in Zimbabwe waar daar niks aangaan nie.”

Toe begin ek ook dink. En ek skrik toe ek oor mense se kerkbegrip begin dink. Watter norm word vir herlewing gebruik? En vir die kerk?

Gedurende die bewind van Robert Mugabe is aan ‘n geestelike leier gevra watter invloed die wrede en onregverdige staatsbestel op die kerk het. Sy antwoord was anders as wat ‘n mens sou verwag:

“My brother, politically and economically we are suffering under mr Mugabe, BUT spiritually we cannot afford for mr Mugabe to be removed. The Lord is using even an evil leader to draw people to Him. Never before has there been such a spiritual awakening in our nation. Never before have our churches been as full as they are now” (The 18inch Principle, Incontext Ministries, p. 88).

Nou wonder ek sommer hoe gereed die kerk in ons land vir herlewing of vervolging is. En of ons ernstig genoeg daarop fokus om ons kinders met die regte kerkbegrip en die regte Godsbegrip toe te rus. Hoe dink jy daaroor?

Advertisements

Skrywer: FXit.lessewatleef

BA degree Stellenbosch: Afrikaans-Nederlands and French Two diplomas in children's ministry: Petra Institute for Children's Ministry and UNISA. Staying in Centurion, Gauteng, South Africa

One thought on “Moenie als glo wat jy dink nie”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s