Nuwe Energie in die Sondagskool

“Ons jeugwerker is in haar noppies en het ‘n huppel in haar stap. Daar is vanjaar ‘n Foto 2nuwe opgewondenheid onder die kinders. Skielik woel die aanbieders vroeër in die oggende om hul materiaal en aktiwiteitsdinge uit te pak en mooi te maak.

“Graad 8 se juffrou sê dat sy self elke week iets leer. Die ou by graad 9 vertel my dat hy verlede jaar so gesukkel het om die klastyd om te kry, maar nou moet hy woel om betyds klaar te kry, want die kinders wil net praat.”

So skryf Elna van der Walt van Bloemfontein so ‘n jaar of wat gelede. (Kry haar kontakbesonderhede via info@fxit.co.za.)

Dit laat ‘n mens mos nou wonder hoe die ideale jeugbediening behoort te lyk.

Moet dit leeraktiwiteite bevat wat elkeen betrokke laat voel? Moet dit so lekker wees dat hulle uitsien na die volgende keer? Moet hulle vir God (beter) leer ken? Moet die Bybelwaarhede so aangebied word dat hulle dit deel van hul leefwêreld kan maak? Moes dit al lank genoeg in die praktyk getoets wees? Moet dit deur kundiges ondersteun en geëvalueer wees?

Wie wil waag om te antwoord?

By www.fxit.co.za sal jy twee nuwe produkte by die Afrikaanse programme sien: ‘n kortreeks van ses vir die kinderkerk en ‘n lekker informele motiveringsessie op PowerPoint vir aanbieders van gr R tot 6.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s