“Wil julle nie ‘n bietjie met ons Sondagskoolleiers kom gesels nie? Die klomp het minder spoed as ‘n kaskar teen ‘n opdraand. Hulle kla dat hulle idees opraak. Dis asof die kinders dink die lesse is boring. Party sit met vier in ‘n klas waar daar elf behoort te wees. ”
Na ‘n paar hulpkrete soos dié is daar by FXit besluit om leierstoerusting by elke programreeks in te sluit. Dis waarom elke produk vir graad 7 tot 12 ‘n motiveringsessie op PowerPoint bevat. Toe wil die juniors se leiers weet waarom hulle dan afgeskeep word.
FXit het dus so pas ‘n nuwe e-produk begin bemark: ‘n aangename, informele PowerPoint ervaring vir aanbieders van gr R tot 6 teen slegs R150.
Dis gelys as Motiveringsessie vir Aanbieders onder BESTELLING/ORDER by www.fxit.co.za. Bestellings van e-produkte word binne 24 uur uitgevoer.