Kerk: Moenie SONA uitstel

SONADie kerk moet bykom. Die kerk moet na ons luister. Die kerk moet ons behoeftes aanspreek.

Dis die jeug wat so praat. Hulle vra Sien Ons Nood Asseblief. Miskien is hierdie SONA kreet te “sag”? Of is geestelike leiers en jeugwerkers se opvangs nie op die regte golflengte nie?

Die jeug se begeertes (dit wat hulle “soek”) is sterker as hulle behoeftes (dit wat hulle nodig het). Hulle Nood kan dus misgekyk word – deur hulleself en deur opvoeders of mentors.

Begeertes is gewoonlik impulsief en selfsugtig. Om dit aan te spreek kan ‘n short term fix wees, terwyl behoeftes eintlik diep gewortel is en moeilik om te ontleed of aan te spreek.

Dikwels is jeugwerkers gewoon nie gewillig of toegerus om te onderskei tussen behoeftes en begeertes nie. Dis maklik om op die begeertes te fokus en só ‘n kleurvolle en cool “godsdiens” te skep wat die skares lok, maar sonder diepte en Waarheid.

God het die mens as sy beeld gemaak en daarom is dit elke mens se diepste behoefte om Hom te leer ken. “God het hulle gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te kry” (Han 17:27).

‘n Nuwe president is nie die grootste behoefte in hierdie land nie. Maar ‘n nuwe benadering tot jeugbediening kan ‘n groter verskil as enige staatshoof maak…

Hulpmiddels vir jeugbediening www.fxit.co.za.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s