Toe leer die ryk vent iets van armoede

“Ou seun, ek en jy gaan hierdie vakansie na ʼn plek waar jy nog nooit was nie. Ek wil jou iets leer.”

Die pa was stinkryk en hy wou sy seun gaan wys hoe mense leef wat baie arm is. Hulle gaan toe vir ‘n week op ʼn plaas in Lesotho kuier waar die mense baie eenvoudig leef.

Op pad terug vra die pa: “En toe, hoe voel jy oor die week wat verby is?”ryk

“Die lekkerste vakansie wat ek nog gehad het, dankie Pa. Die mense lag so baie en hulle doen die coolste goed. Het Pa gesien hulle het viér honde en ons het net een?”

“Ja, maar het jy gesien hulle leef darem anders as ons?”

“Jip. Ons het ‘n swembad wat tot in die middel van ons tuin kom, maar hulle sʼn is ʼn moewiese dam waarin daar glad eende ook swem. Ons tuin het ʼn muur om en hulle tuin gaan so ver as wat jy kan sien. Ons koop ons kos by winkels, maar hulle gaan haal hulle sʼn sommer in die tuin. En het Pa gesien waar kom hulle melk vandaan? Amaaazing!”

Die pa se wind was uit sy seile. Nog meer toe hy sy seun se opregte dankie hoor: “Dankie dat Pa my gaan wys het hoe arm ons is.”

Kinders ontdek ware rykdom in die Woord alleen. Praktiese hulpmiddels by www.fxit.co.za.

 

 

Advertisements

Skrywer: FXit.lessewatleef

BA degree Stellenbosch: Afrikaans-Nederlands and French Two diplomas in children's ministry: Petra Institute for Children's Ministry and UNISA. Staying in Centurion, Gauteng, South Africa

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s