My lewe het radikaal verander

na ligIn Japan het ek in ‘n huis grootgeword waar my ouers pal baklei en gestry het. My pa was baie afwesig en ek het nooit regtig tuis gevoel nie; ek wou nie by die huis wees nie. Daarom het ek allerhande verkeerde goed begin aanvang; onder andere die leier van ‘n bike band geword.

As aktiewe ateïs is ek in my vroeë twintigs Parys toe, sommer om weg te kom. In die sewe jaar wat ek daar gebly het, het ek ʼn klein inkomste uit kuns (teken en skilder) verdien. Maar my lewe het al hoe meer begin uitrafel.

Ek het dwelms begin verkoop en begin rondslaap – op ‘n stadium was ek met vier vrouens gelyktydig in verhoudings. Een van hulle word toe swanger. Ek het haar verwerp; gesê sy moet ʼn aborsie te kry.

In daardie tyd het ‘n kunstenaarvriend van my, ‘ʼn Christen, my kerk toe genooi. Ek sê toe nee, ek soek nie daai tipe venues nie. “Dis ok,” sê hy toe, “kom dan maar net vir die kos, dis baie lekker en dis verniet.”

My meisie wou graag gaan. Miskien het sy geselskap gesoek as gevolg van die swangerskap en die hangende aborsie.

Wel, toe gaan ons. Om een of ander rede het ons toe weer en weer gegaan. Ek kon met mense begin gesels oor die seer en die baie vrae in my hart. Deur verhoudings en gesprekke het die Here my hart begin verander. Uiteindelik het ek my lewe aan Hom oorgegee, en kon ek ook vir my meisie vra om nie die baba te aborteer nie. My lewe het handomkeer verander. Ons (enigste) dogter is gebore en ons is getroud. Parys sal altyd die plek wees waar ons die mees radikale omkeer en oorgawe van ons lewe gemaak het!

Dit is die storie wat ʼn kollega van Stephan van der Watt van die RCJ (Reformed Church of Japan) met hom gedeel het. Stephan skryf dat hierdie man al meer as 20 jaar lank ‘n gerespekteerde leraar en leier in die RCJ is:

“Hy lei vandag ‘n unieke, kreatiewe bedieningsnetwerk (genaamd IBUKI) wat onder andere kuns in en deur die kerk (én interkerklik) bevorder. Hy lewer ‘n waardevolle bydrae op ‘n manier wat niemand anders ooit sou kon doen nie. Sy hart klop sterk vir gebrokenes en randfigure, want hy weet hoe diep die Here hòm uit die put getrek het.”

God gebruik mense vír mense…

Advertisements

Skrywer: FXit.lessewatleef

BA degree Stellenbosch: Afrikaans-Nederlands and French Two diplomas in children's ministry: Petra Institute for Children's Ministry and UNISA. Staying in Centurion, Gauteng, South Africa

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s