Tieners soek antwoorde – nie Bybeltekste nie

“Ons het nou geleer hoe om dit vir ʼn kind lekker te maak om die Bybel te kan verstaan en te kan toepas. Maar ek sit met ʼn klomp tieners. Hulle wil mos nie vir jou kyk nie en hulle laat jou nèt so klein voel. Hulle wen my. Ek soek ʼn workshop oor hoe ek húlle kan wen.”

Hierdie versoek ná ‘n Sondagskool workshop wat ek op Groot-Brakrivier aangebied het, het my maar net weer laat besef dat die opleiding van opvoeders (ouers ingesluit) wat met tieners werk te selde – en dikwels te oppervlakkig – aangespreek word.

Die teoloog Peter Enns meen dat die simplistiese manier waarop Bybeltekste in jongmense se kinderdae gebruik word, nie die kompleksiteite van hulle volwasse wêreld kan hanteer nie en deels daartoe bydra dat hulle die rug op die Bybel en geloof keer. Volgens hom is die oplossing om nederig saam met hulle die moeilike pad te loop om Bybel en wêreld in gesprek met mekaar te laat tree. Hy skryf…

But as they grow older, especially when they enter high school or college, they find that their structured world supported by Bible verses is not adequate for providing a compelling explanation for the complex world around them and how the Bible can continue functioning as the anchor it once was.

The way to reach them is not by glitzy rallies and hyped up motivational speakers with tattoos and torn skinny jeans. These young people are not shallow. They are worried and even despairing that the faith they have been taught is actually unable to support them once they leave the nest. They are not consumers looking for a cool deal. They are looking for meaning, whether their faith matters.

FXit tienerprogramme spreek hierdie beginsel aan deur beweging in die gesprek:

1) Begin met ʼn voorbeeld uit hulle leefwêreld – dit kan ‘n bietjie humor insluit – wat op die tema betrekking het. 2) Beweeg na die uitdaging of aktuele vraagstuk. 3) Beweeg na Bybel vir die “oplossing” en daarvandaan weer 4) terug na die leefsituasie vir die toepassing.

Gaan kuier gerus by www.fxit.co.za vir gratis programme by VOORBEELDE.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s