Wat maak Sondagskool effektief?

Metodes van kommunikasie verander by die dag. Sondagskool

As ek vanaf Pretoria ʼn boodskap vir my suster in Piketberg wil stuur, sal dit dom wees om vir haar ʼn brief te skryf en ʼn poskantoor te gaan soek. Ek sal aan ʼn ander metode moet dink om die inligting effektief te kommunikeer.

Dis ʼn beginsel wat Larry Page en Sergey Brin reg verstaan het. 1. Hulle het vir hulleself ʼn doelwit of uitkoms gestel: soveel moontlik inligting moet toeganklik wees vir soveel moontlik mense. 2. Toe soek hulle ʼn METODE om inligting effektief te kommunikeer.

Die resultaat: Google. In die Junie 2018 opname word Page aangedui as die negende rykste persoon ter wêreld met ʼn netto waarde van $53.6 miljard.

Toegepas op die Sondagskool lyk dit amper dieselfde: inligting (Bybelinhoud en -beginsels) moet effektief aan kinders van verskillende ouderdomme gekommunikeer word. Die uitdaging is om die regte METODE(S) te gebruik.

Die proses gaan niemand $53.6 miljard ryker maak nie, maar vir seker gaan die eindresultaat oneindig meer waarde hê as al die skatte in die wêreld. Dis dus van die uiterste belang dat hierdie proses sal slaag.

Die beginsel is só eenvoudig: Die leermetode moet in lyn wees met die kind se leervermoë en leerprofiel. We should teach the way they learn (Ignacio Estrada). Die proses om hieraan gestalte te gee, verg egter heelwat wysheid, tyd en innoverende denke.

Sondagskoolmateriaal vir gr R tot gr 11: http://www.fxit.co.za.

 

Advertisements

Skrywer: FXit.lessewatleef

BA degree Stellenbosch: Afrikaans-Nederlands and French Two diplomas in children's ministry: Petra Institute for Children's Ministry and UNISA. Staying in Centurion, Gauteng, South Africa

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s