Die media wemel van die noodkrete van ingeperkte ouers: “Help! Hoe léér ek my kind?
Nie net die ouers nie, maar ook die kerk sit met dieselfde dilemma: Wat, in hemelsnaam, doen ons nou met kinderbediening? Vir grootmense werk virtuele dienste, maar hoe werk onderrig aan kinders – sonder dialoog; sonder enige vorm van terugvoer?
TOT REDELIK ONLANGS was monoloog-lering algemeen: Een persoon praat en die groep luister – met min of geen interaksie. Dis hoe ek die Sondagskool onthou.
Die enigste voordeel van hierdie leerstyl is dat die kinders stil is (ons het doodstil gesit en luister) en die grootste nadeel is dat dit waarskynlik die oneffektiefste metode is.
SO, WAT NÓÚ? Waar kry ons ʼn METODE wat die Woord vir die kind van vandag ontsluit? Die ANTWOORD lê by die kind. By hóé hy leer.
Selfleer (outodidaktiek) word van speenoud tot stokoud beoefen. Dit sluit in: leer deur ervaring, ontdekking, waarneming, aktiwiteite (spel), voorbeeld en stories. En ja, dit kan uiters doeltreffend deur die kerk aangewend word.
Dis juis dié beginsels wat in die FXit lesreekse geïnkorporeer is. En om dit maklik te maak vir enige groep of huiskerk, is alles as e-boeke beskikbaar.
Volledige katalogus en bestelvorm (ook gratis VOORBEELDE) by www.fxit.co.za. (Die webwerf is beveilig met SSL registrasie om die gebruiker te beskerm.)
Kontak info@fxit.co.za vir navrae.