Stuur vir my jou Covid-storie!

Ek is besig met ‘n dagboek van soorte. Ons beleef ‘n unieke tyd en ons moet dit oordra aan dié wat na ons kom – op ‘n lekker manier. Feite is mos snaakser as fiksie. Nou soek ek almal se stories: die komiese dinge (waar jy bv. kanse gevat het), die gevare wat jy teëgekom het (toe jy bv. voorgekeer is) en die hartseer dinge (toe jy nie van jou geliefde kon afskeid neem nie). Dit kan ook iets wees wat met ‘n vriend of familielid gebeur het.

Daar is net een vereiste: dit moet die waarheid wees.

Die datum moet (verkieslik) by wees.

As ek jou storie gebruik (anoniem, of ‘n skuilnaam), kom jou naam in die dankielysie. (Laat weet as jy dit nie verkies nie.)

Moenie worry oor mooiskrywery nie – jy soek nie punte vir ‘n opstel nie. Net die gebeure en/of jou ervaring daarvan. Al is net ‘n paragraaf. Ek verwerk dit self tot ‘n storie – of deel van ‘n storie. Stuur dit na susan@fxit.co.za.

Kan nie wag om van jou te hoor nie!

Skrywer: FXit.lessewatleef

BA degree Stellenbosch: Afrikaans-Nederlands and French Two diplomas in children's ministry: Petra Institute for Children's Ministry and UNISA. Staying in Centurion, Gauteng, South Africa

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s