Die mense sê…

Die volgende aanhalings kom van mense wat op verskillende vlakke met voorskoolse en skoolgaande jeug werk. Ek kan elkeen se kontakbesonderhede (e-pos adres en/of selfoonnommer), verskaf indien nodig, met toestemming van die betrokke persoon.

Ons is baie ingenome met die nuwe kategesemateriaal. Hier is ‘n opgewondenheid onder die kinders sowel as aanbieders. Skielik woel die juffrouens vroeër in die oggende om hul materiaal en aktiwiteitdinge uit te pak en mooi te maak.

Graad 8 se juffrou sê dat sy self elke week iets leer terwyl sy voorberei en die man wat graad 7 het sê dat hy verlede jaar so gesukkel het om die klastyd om te kry, nou moet hy woel om betyds klaar te kry, want die kinders praat heerlik terug.

Die Jeugwerker is in haar noppies en het ‘n huppel in haar stap!

Elna van der Walt, kategesehoof, Heuwelkruin. 

Ons het Sondag van die toetslessies gebruik (web-blad) en die kategete en kinders was MAL daaroor gewees! So, namens ons gemeente en kinders baie dankie!

Ds Marlize Malherbe, Richardsbaai 

Ons het vanjaar met die Graad R begin, hulle het dit vreeslik geniet en ons het  besluit om met al die kinders, ook die hoërskool, oor te skakel na die FXit pakket.  Baie dankie vir die wonderlike inhoud.

Ilse van der Linde, Vryburg 

Lesse wat Leef is die prettigste van die vyf Sondagskool reekse wat ek resenseer. Kinders leer regtig speel-speel met aktiwiteite en illustrasies wat by die lesse pas. Die boodskappe is werklik eenvoudig om te verstaan en word op ‘n onthoubare manier aangebied.

Retha Faurie: gelowigenondersoekend.wordpress.com

Ons volg die FXit PowerPointprogramme vanaf Januarie 2013.

Ons Sondagskool het nuwe lewe gekry hiermee. Die lesse is aktueel, visueel aantreklik en gebruikersvriendelik. Kerke wat dit nie gebruik nie, weet nie wat hulle mis nie.

Onderwerpe wat in tieners se leefwêreld is, word in groot groep behandel, met persoonlike interaksie net daarna in die kleingroepe. Dis nie meer vervelige lesse uit boeke nie.

Ek en my man het ons aanvanklik verbind vir een jaar, maar doen dit in 2015 vir die 3de jaar, want dit WERK!

Karin Michau, Ceresvallei

My Sondagskool het vandag vreeslik geniet. Duisend dankies.

Ek kan nie wag om daardie twee pakkette (CDs) te ontvang nie, want ek was regtig aangenaam verras met die een pakket (iKonekt) wat ek reeds ontvang het. Dit laat my sommer uitsien na my aanbiedings.

Vasti Smith, Pretoria

SO WERK DIT VIR DIE SKOOL: Ek het verlede jaar Otjiwarongo toe getrek en gebruik die lesmateriaal met groot vrug tydens my saalopeninge. Ek gebruik Graad 4-6 en sorg dat ek die Juniors saamvat en dat daar iets vir die tieners ook in is. Ons skool is van Gr 0-12. Deur vir die middel te mik, tref dit darem. Baie dankie weer vir ‘n begeesterde uitgawe.

Loraine Kotze, Otjiwarongo

Die kinders is mal oor die aanbiedings en dit trek hul aandag baie. Ek wil net baie dankie sê vir die wonderlike werk wat jul gedoen het om die Woord van God so mooi uiteen te sit vir die kinders. Dit is voorwaar ʼn uitstekende program. Baie dankie van Oase van Liefde bediening se onderwysers en kinders!!

Sonja Rademeyer, Sondagskoolsuperintendent, Pretoria

Ons gebruik die lesse al ‘n paar jaar met groot vrug in die gemeente. Die kinders leer diep teologie terwyl dit vir hulle na speel voel. Dis myns insiens regtig die beste wat die kerk op die oomblik het en ek bedoel dit!

Ds Marius Maree, Amersfoort (2003)

Ek beveel die lesse aan vir die skoolopset. Dit werk baie prakties en effektief. Die kinders verstaan die inhoud en geniet die aanbieding. Wat ‘n ondervinding!

Skoolhoof Paulpietersburg Primer (2003)

Die lesmateriaal is beslis teologies verantwoordbaar en kan met vrymoedigheid benut word. Die inhoud van die lesse is baie prakties en aktueel. Die hulpmiddels is maklik hanteerbaar en die leidsters geniet dit om daarmee te werk – dis sinvol en verhelder die inhoud van die lesse. Die algemene voorkoms is van ‘n hoë gehalte.

Ds Otto Van Heerden, nms SJK van die OVS (2003)