DIS MY STORIE – 1: Tremor en trauma

MY STORIE – 1:  Ek het sommer ʼn behoefte om my storie met jou te deel – die pad wat die Here met my geloop het om die FXit lesreeks te skryf. Dis ʼn langerige pad, daarom word die reis in ses fases of sessies gedoen.

MyStorie 1.png

“As ek jy is, gaan ek dokter toe. Sê nou dit word erger, wat dan?”

Vriende kuier by ons en ek skep rys in ons borde. Ek hou my regterhand se pols met my linkerhand vas. Dis egter nie goed genoeg nie, want ʼn paar ryskorreltjies kry vrolik koers en duik in die beker met vleissous. Ek kan verstaan dat my ritteltits my vriendin kan ontstel. Dit het my ouers, 900 km daarvandaan, ook onstel.

Vandat ek universiteit toe is, skryf ek en my ma elke week vir mekaar. (Ons het nie gebel nie; dit was te duur – ʼn tiekie vir drie minute het spandabel geklink.)

Soos wat die tremor vererger, so minder leesbaar word my skrif. Dit het my pa en ma in so ʼn mate geraak dat hy my eendag bel. “San, jy kan nie so aangaan nie, dit word dan al hoe erger.” My arme pa klink benoud. “Jy moet dadelik dokter toe gaan. Dis van senuwees dat jy bewe my kind, die vier kleintjies vat te veel van jou.”

Ja wel, was dit nie vir die vier kleintjies van tussen twee en ses jaar oud wat my geen kans vir ledigheid gegee het nie, was ek seker al by ʼn dokter. (Terloops, nommer vyf het besluit sy ma het langverlof nodig, want hy’t eers elf jaar later sy opwagting gemaak.)

Ek gaan toe maar dokter toe. “Mevrou,” verklaar hy plegtig met opgetrekte wenkbroue, “jou spanningsvlak is te hoog, waarskynlik as gevolg van ʼn oorvol program en oneffektiewe stresbestuur.” Hy skryf kalmeerpille voor. (Om te help met die oorvol program of om my stresbestuur te verbeter? Wonder ek toe by myselwers.) “Indien dit nie effektief is nie, sal ek jou graag binne ʼn maand weer wil sien.”

Dis toe nie effektief nie en na ʼn maand kry ek sterker kalmeerpille. Wat toe ook nie effektief is nie. Na die derde poging is ek nie meer weet wie ek is nie. Hang tussen niks en nêrens. Al wat verander, is dat ek nie meer gepla is nie. Kan nie worry nie, te danke aan die susmiddel.

Dit pla egter steeds die mense wat vir my omgee.

“Susan, jy moet eendag ʼn skrywer word,” onthou ek my taalonderwyser se woorde nadat ek twee keer in standerd nege opstelwedstryde op nasionale vlak gewen het.

Is dit dalk waarom ek nou nie meer kan skryf nie – straf God my? “Here,” belowe ek toe, “as ek eendag weer kan skryf, sal ek iets skryf wat kinders sal help om U beter te leer ken.” Ja ek weet, ek is nie die eerste een wat vir God ʼn guns vra in ruil vir ʼn teenprestasie nie. Seker maar “menslik” – veral wanneer jy in ʼn gat is?

Toe wag ek. En ek bid. En ek wag.

http://www.fxit.co.za

Advertisements

GRATIS: 3 Kersfeeslesse, gr R tot 6

‘n Kortreeks van drie lesse met PowerPoint is gratis beskikbaar. Bestel per e-pos by info@fxit.co.za.

Vir alle Christelike kerke en groepe vir Sondagskool/kategese, kinderkerk, skole, jeugdienste, kampe, tiener-kleingroepe, ens. Pryse vanaf R150 per reeks.

Maklik om voor te berei en lekker om aan te bied.

FXit programme bevat praktiese toerusting vir aanbieders asook hulpmiddels (prente, werkblaaie, PowerPoint, gespreksvrae en rollespel).

GRATIS: meer as 20 voorbeeldlesse: www.fxit.co.za.

Ervaringsleer in die Sondagskool

Jy is aan ervaringsleer blootgestel vandat jy jou eerste skree gegee het. Blog e.leer

Dis reeds algemene kennis dat jy gedurende jou eerste twee lewensjare meer nuwe dinge geleer het as gedurende die res van jou lewe. Hoe? Deur ervarings.

Mense word deur ervarings gevorm.

ERVARINGSLEER is die proses waardeur ‘n kind tot ‘n volwassene ontwikkel. Die beginsel geld ook vir godsdiensopvoeding.

“Ervaringsleer in die Sondagskool? Dit kan tog nie. Hulle moet mos feite leer. En feite kan jy net leer as iemand jou daarvan vertel.” Dis tant Katti Gismus se mening.

Die tannie sit op slag die pot mis. Sy verstaan nie dat die evangelie nie uit feite saamgestel is nie, maar dat dit ten diepste gaan oor ‘n verhouding tussen ‘n Vader en sy kinders. Dis daarom gepas dat ervaringsleer ook in ‘n verhoudingsomgewing sal plaasvind.

Loer gerus in by http://www.fxit.co.za vir maklike maniere om ervaringsleer toe te pas. Die kurrikulum sluit jaarprogramme vir gr 0 tot 12 in. Dis gepas vir skole, Sondagskole, kinderkerk, tienerkleingroepe, kampe, ens.

Gratis aanbod: Bybelstories op TIENERVLAK

In iKonekt reeks 3 kry karakters uit die Ou Testament lewe in die tienerwêreld.Rolspel

Deur rollespel en gespreksgroepe word die boodskap van eeue gelede relevant in die moderne wêreld.

Vir ʼn gratis program as voorbeeld stuur die woord iKonekt 3 na info@fxit.co.za.

Die FXit Bybelkurrikulum vir gr R tot 12 word in ouderdoms- of graadgroepe ingedeel. In totaal is daar 21 produktesestien in Afrikaans en vyf in Engels. Die meeste is ook as e-boeke beskikbaar.

GRATIS VOORBEELDLESSE van elke reeks op www.fxit.co.za.

Tieners soek die waarheid. HELP HULLE!

Die konvensionele idee is dat kinders skool toe of kerk toe moet gaan om te leer. Dis ʼn halwe waarheid. Inteendeel, in sy eerste twee jaar leer die mens meer as gedurende die res van sy lewe. Sonder skool of kerk.Waarheidsoeker

Outodidaktiese leer of self-leer is super effektief van speenoud tot stokoud. Dit behels EVO-leer: deur Ervaring, Voorbeelde en Ontdekking. Dit verskil van verbale leer of leer-uit-die-boek in dié sin dat dit baie meer beweging en energie genereer. Veral ook brein-energie, want dit vra sosiale interaksie. Dit lééf!

Deur interaktiewe leer in kleingroepe word Ervarings gedeel, na Voorbeelde (uit die Bybel en uit die praktyk) gekyk en waarhede uit die Woord Ontdek. Hulle leer deur te chat & share. Om na mekaar se sienings te luister bring ook wedersydse insig en begrip.

The way to reach them is not by glitzy rallies and hyped up motivational speakers with tattoos and torn skinny jeans. These young people are not shallow. They are worried and even despairing that the faith they have been taught is actually unable to support them once they leave the nest. They are not consumers looking for a cool deal. They are looking for meaning, whether their faith matters (Peter Enns).

Hulle soek na betekenis en hulle wil ook graag betekenis aan die wêreld gee. Die jeugwerker wat dit verstaan, sal die volgende gewoontes aanleer:

  • Fasiliteer die groep om self te ontdek, sonder om “klas” te gee of te preek.
  • Sien jouself nie as die kenner wat voor staan nie, maar as die begeleier wat saamgaan.
  • Maak ʼn denkskuif: van rasionele oriëntering na ervarings- en toepassingsleer.
  • Fokus op leer-binne-verhoudings in ʼn vriendelike, ontspanne atmosfeer.
  • Skep ‘n oop en veilige klimaat. Elkeen moet gemaklik voel om enigiets te deel sonder om te skok of om gekritiseer, gespot of veroordeel te word. In baie gevalle is daar nie eintlik ‘n (regte of verkeerde) antwoord nie – dis slegs menings of ervarings wat gedeel word.

Ons ondervinding is dat die gelowige tiener graag wil weet wat die Bybel oor sekere beginsels sê. Hulle wil nie gepamperlang word deur die snykante van die Woord af te vyl sodat hulle nie aanstoot vat en die kerk los nie.

Ten diepste soek hulle na die waarheid. Al verklaar die sekulêre humanisme dat daar nie ʼn absolute waarheid is nie, is dit die kerk se taak om hulle te fasiliteer om die Waarheid te ontdek. En daar is net Een. Absoluut.

Tiener-eie Skrifgefundeerde programme met #gratis #voorbeeldlesse is by www.fxit.co.za.

Die FXit-reeks bestaan uit 21 produkte vir gr R tot 11. Vir die #skool, #Sondagskool, #kampe, ens.

Tieners soek ore. HELP HULLE!

“Dis nie my scene nie,” hoor ek een van hulle sê. “Duidelik wil hulle ons impress, maar hulle probeer nie uitvind wat ons regtig soek nie. Stel nie belang om te luister nie.”Tiener-eie programme.png

Baie kerke en geloofsgemeenskappe sukkel om ruimte vir die jeug te maak. Nie ruimte soos in vloeroppervlak nie, maar veral ruimte in hul gebruike en bedieningmodelle. Volgens navorsing wat David Kinnaman in gevestigde kerke wêreldwyd gedoen het, draai meer as die helfte van hulle ná hoërskool hul rug op die kerk.

So, wat “soek” die tiener, of aan watter behoeftes moet tienerbediening aandag gee – selfbeeld, morele waardes, verhoudings, depressie of probleemouers? Dit ook ja.

Maar ek wil waag om ʼn ankerwoord vir die primêre behoeftes van hierdie generasie te suggereer: LUISTER. Hulle soek jou ore.

Met intensiewe luister word al die ander behoeftes mettertyd spontaan aangespreek, want deur opregte belangstelling verdien jy hulle vertroue. En vertroue is ʼn fundamentele bousteen van enige verhouding.

Omdat tieners “vreemd” begin optree, is volwassenes – veral hulle ouers – geneig om hulle soos vreemdelinge te behandel. Aggressie word met aggressie beantwoord en stilte met stilte. Met negatiewe gevolge vir albei partye.

Soms toon hy sosiale woede en is ontevrede met die mensomgewing. Hy staan krities teenoor baie dinge. Ook teenoor grootmense “wat nie na ons luister nie en altyd dink hulle weet beter.”

Wanopvatting: Tieners leer om Bybelbeginsels te verstaan slegs in die aanwesigheid van ‘n volwassene.

Human beings are learning creatures. We don’t have to persuade babies to be curious and to seek competence and understanding. The same can be true of teenagers. (North Star Teens learning experience: http://www.northstarteens.org)

Adolessente hou van uitdagings – hulle wil sèlf ontdek. Hulle moet gefasiliteer word om antwoorde op aktuele vraagstukke uit die Woord te kry.

Die antwoord lê in ʼn tiener-eie metodiek wat die tiener help om te ondersoek en te ontdek. Met so min moontlik insette van volwassenes.

Skrifgesentreerde tiener-eie programme met #gratis #voorbeeldlesse: www.fxit.co.za.

Die FXit-reeks bestaan uit 21 produkte vir gr R tot 11. Vir #skool, #Sondagskool, #kampe, #jeugweke, ens.

Kinders kan nie vir lank stilsit nie. (Rêrig?)

So drie weke gelede op ʼn Saterdagmiddag gaan kyk ons die musiekblyspel Sneeuwitjie deur die Affies meisies (Afrikaanse Hoër Meisieskool) in die Staatsteater, drie ure lank. Die vierjarige Christiaan en sy driejarige sussie is saam. Ek kon dit nie glo nie, maar vir die volle duur van die vertoning (daar was twintig minute pouse) het nie een van hulle lastig of verveeld geword nie.Geïnteresserd

Hulle aandag is behou deur die METODE van aanbieding: energieke spel, variasie in gebeure en eenvoudige (vir hulle verstaanbare) taalgebruik.

Dis dus fisiek moontlik vir ʼn kind om vir ʼn lang tyd redelik stil te sit. Onder sekere omstandighede. Hier lê nou sommer ʼn uitdaging vir die kerk, dink ek toe.

Dis nie ʼn geheim nie dat kerkbesoek (lees erediensbywoning) die laaste dekade of twee wêreldwyd begin afgeneem het.

Waarom? Vir seker is daar nie net een rede nie. Maar my gut feeling laat my wonder of mense nie verveeld begin raak met die METODE waarop die Woord gekommunikeer word nie. Dit verklaar dalk waarom party ouens begin kriewel wanneer die oorbekende weereens breedvoerig herhaal word.

Dis logies dat die evangelie teëgestaan sal word en dis onvermydelik dat dit geïgnoreer sal word, maar dat dit oninteressant aangebied word – dis onvergeeflik! (Gerald Kennedy)

Gelukkig is dit nie oral die geval nie. Die basiese beginsels van effektiewe leermetodiek word in baie gevalle in die bedieningsmodel toegepas: variasie in die aanbieding, sinvolle visualisering, prikkelende vrae, aktuele temas en toepaslike verhale of voorbeelde ter illustrasie. Veral laasgenoemde is sonder uitsondering effektief – dit was immers ʼn leertegniek wat Jesus uitstekend bemeester het (Mark 4:33-34).

Die saaier saai die woord, het Jesus geleer. Van daardie tyd af het die saad (die Woord) niks verander nie, maar niemand gebruik deesdae ʼn saaisak nie – die METODE van saai het dus radikaal verander.

Leer hulle om alles te onderhou… Dit was Jesus se laaste opdrag. Die METODE wat ons hiervoor gebruik moet egter ʼn impak op die mensomgewing kan maak, anders sal die kosbare saad wegwaai.

Sondagskoolprogramme vir die moderne kind van gr R tot 11 met gratis voorbeeldlesse is beskikbaar by www.fxit.co.za.