Kerk: Moenie SONA uitstel

SONADie kerk moet bykom. Die kerk moet na ons luister. Die kerk moet ons behoeftes aanspreek.

Dis die jeug wat so praat. Hulle vra Sien Ons Nood Asseblief. Miskien is hierdie SONA kreet te “sag”? Of is geestelike leiers en jeugwerkers se opvangs nie op die regte golflengte nie?

Die jeug se begeertes (dit wat hulle “soek”) is sterker as hulle behoeftes (dit wat hulle nodig het). Hulle Nood kan dus misgekyk word – deur hulleself en deur opvoeders of mentors.

Begeertes is gewoonlik impulsief en selfsugtig. Om dit aan te spreek kan ‘n short term fix wees, terwyl behoeftes eintlik diep gewortel is en moeilik om te ontleed of aan te spreek.

Dikwels is jeugwerkers gewoon nie gewillig of toegerus om te onderskei tussen behoeftes en begeertes nie. Dis maklik om op die begeertes te fokus en só ‘n kleurvolle en cool “godsdiens” te skep wat die skares lok, maar sonder diepte en Waarheid.

God het die mens as sy beeld gemaak en daarom is dit elke mens se diepste behoefte om Hom te leer ken. “God het hulle gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te kry” (Han 17:27).

‘n Nuwe president is nie die grootste behoefte in hierdie land nie. Maar ‘n nuwe benadering tot jeugbediening kan ‘n groter verskil as enige staatshoof maak…

Hulpmiddels vir jeugbediening www.fxit.co.za.

Advertisements

NUUT: Motivering/toerusting vir Sondagskoolleiers

“Wil julle nie ‘n bietjie met ons Sondagskoolleiers kom gesels nie? Die klomp het minder  spoed as ‘n kaskar teen ‘n opdraand. Hulle kla dat hulle idees opraak. Dis asof die kinders dink die lesse is boring. Party sit met vier in ‘n klas waar daar elf behoort te wees. ”

Na ‘n paar hulpkrete soos dié is daar by FXit besluit om leierstoerusting by elke programreeks in te sluit. Dis waarom elke produk vir graad 7 tot 12 ‘n motiveringsessie op PowerPoint bevat. Toe wil die juniors se leiers weet waarom hulle dan afgeskeep word.

FXit het dus so pas ‘n nuwe e-produk begin bemark: ‘n aangename, informele PowerPoint ervaring vir aanbieders van gr R tot 6 teen slegs R150.

Dis gelys as Motiveringsessie vir Aanbieders onder BESTELLING/ORDER by www.fxit.co.za. Bestellings van e-produkte word binne 24 uur uitgevoer.

Nuwe Energie in die Sondagskool

“Ons jeugwerker is in haar noppies en het ‘n huppel in haar stap. Daar is vanjaar ‘n Foto 2nuwe opgewondenheid onder die kinders. Skielik woel die aanbieders vroeër in die oggende om hul materiaal en aktiwiteitsdinge uit te pak en mooi te maak.

“Graad 8 se juffrou sê dat sy self elke week iets leer. Die ou by graad 9 vertel my dat hy verlede jaar so gesukkel het om die klastyd om te kry, maar nou moet hy woel om betyds klaar te kry, want die kinders wil net praat.”

So skryf Elna van der Walt van Bloemfontein so ‘n jaar of wat gelede. (Kry haar kontakbesonderhede via info@fxit.co.za.)

Dit laat ‘n mens mos nou wonder hoe die ideale jeugbediening behoort te lyk.

Moet dit leeraktiwiteite bevat wat elkeen betrokke laat voel? Moet dit so lekker wees dat hulle uitsien na die volgende keer? Moet hulle vir God (beter) leer ken? Moet die Bybelwaarhede so aangebied word dat hulle dit deel van hul leefwêreld kan maak? Moes dit al lank genoeg in die praktyk getoets wees? Moet dit deur kundiges ondersteun en geëvalueer wees?

Wie wil waag om te antwoord?

By www.fxit.co.za sal jy twee nuwe produkte by die Afrikaanse programme sien: ‘n kortreeks van ses vir die kinderkerk en ‘n lekker informele motiveringsessie op PowerPoint vir aanbieders van gr R tot 6.

Moenie als glo wat jy dink nie

Nou die dag in die coffee shop kon ek nie help om die gesprek by die tafel langs myne te hoor nie. (Verstaan mooi, ek het nié afgeluister nie; ek meen, waarna sou dit lyk as ek my ore daar sit en toedruk…)

So sit die twee (blykbaar jonkgetroud) toe en gedagtes wissel oor kitsresepte, die prys van hondekos en mans se energievlak met slaaptyd.  Maar ná die eerste cappucino draai die gesprek meer “geestelik”. Foto 1

Sê die een: “Ek dink regtig die kerk kan meer moeite doen met die sang. Hulle bid vir herlewing, maar Sondag se band het darem erg oeserig geklink. En die girltjie wat gesing het se knieë is te knokkerig vir so ‘n kort rokkie.”

“Ek stem,” ondersteun die ander een, “en ek dink ook as die dominees nie hulle sokkies optrek nie, word ons kerk later soos die kerke in Zimbabwe waar daar niks aangaan nie.”

Toe begin ek ook dink. En ek skrik toe ek oor mense se kerkbegrip begin dink. Watter norm word vir herlewing gebruik? En vir die kerk?

Gedurende die bewind van Robert Mugabe is aan ‘n geestelike leier gevra watter invloed die wrede en onregverdige staatsbestel op die kerk het. Sy antwoord was anders as wat ‘n mens sou verwag:

“My brother, politically and economically we are suffering under mr Mugabe, BUT spiritually we cannot afford for mr Mugabe to be removed. The Lord is using even an evil leader to draw people to Him. Never before has there been such a spiritual awakening in our nation. Never before have our churches been as full as they are now” (The 18inch Principle, Incontext Ministries, p. 88).

Nou wonder ek sommer hoe gereed die kerk in ons land vir herlewing of vervolging is. En of ons ernstig genoeg daarop fokus om ons kinders met die regte kerkbegrip en die regte Godsbegrip toe te rus. Hoe dink jy daaroor?

Gratis VOORBEELDLESSE vir kinder- en tienerbediening

Spektrum: Die FXit kurrikulum vir kleuters tot graad 12 word in kleingroepverband (ouderdoms- of graadgroepe) aangebied.

Totale pakket: Daar 21 produkte altesaam16 in Afrikaans en 5 in Engels. Die meeste is ook as e-boeke beskikbaar.

Elke pakket bevat een handleiding vir die aanbieder, waarby ingesluit visuele- of ander hulpmiddels plus uitdeelstukke, gesprekstukke, werkblaaie, ens.

Prys: Pryse wissel tussen R150 en R180 per reeks/handleiding. Prys van totale Afrikaanse pakket (gr R tot gr 12 vir die totale #Sondagskoolkurrikulum): R2 530.

GRATIS VOORBEELDLESSE: www.fxit.co.za.

GRATIS LESSE vir gr R tot gr 12

FXitDie FXit Bybelkurrikulum word in ouderdoms- of graadgroepe aangebied. In totaal is daar 21 produkte16 in Afrikaans en 5 in Engels. Die meeste is ook as e-boeke beskikbaar.

GRATIS VOORBEELDLESSE van elke reeks op www.fxit.co.za.

Hier volg ‘n kort oorsig van die reeks VAN ADAM TOT MOSES1 Van Adam tot Moses

Ouderdomsgroep: vier- tot agtjariges

Inhoud: 22 chronologies verhalende lesse uit die Ou Testament. Onthourympies help om die verskillende gebeure te koppel.

Ingesluit by pakket: Visuele hulpmiddels, werkblaaie en praktiese opleiding vir aanbieders.

Die leertegniek is gebaseer op ervaringsleer en kreatiewe aktiwiteite, gefokus of die beginsel van leer-deur-spel.

Sondagskoollesse spring op soos paddastoele. Maar wat is “veilig”?

As jy google vir programme vir kinderkerk of Sondagskool, verdwaal jy tussen al die moontlikhede. Nou hoor ek jy sê “Ek soek iets wat wèrk.”  Blog 9 Wat WERK

Dis reg. Maar hóe moet dit “werk”?

Moet dit die kinders en tieners aktief besig hou? Moet dit so lekker wees dat hulle uitsien na die volgende keer? Moet hulle vir God (beter) leer ken? Moet die Bybelwaarhede so aangebied word dat dit deel van hul leefwêreld kan word? Moet dit al lank genoeg in die praktyk getoets wees? Moet dit deur kundiges ondersteun en geëvalueer wees?

Kom ons begin sommer by die laaste vraag. Ek lees die volgende op www.fxit.co.za by DIE MENSE SÊ:

Lesse wat Leef is die prettigste van die vyf Sondagskool reekse wat ek resenseer. Kinders leer regtig speel-speel met aktiwiteite en illustrasies wat by die lesse pas. Die boodskappe is werklik eenvoudig om te verstaan en word op ‘n onthoubare manier aangebied. [Retha Faurie: gelowigenondersoekend.wordpress.com]

In die twee bundels Van Adam tot Moses en Van Josua tot Jona werk jy chronologies – dis baie belangrik. Dit help die kinders om iets van die groter prentjie te verstaan. Ek hou van die onthourympies en ek weet hoe baie die kleuters daaruit gaan leer! [Carine Steyn, Petra Instituut vir Kinderbediening]

Die lesse voorsien in ‘n groot behoefte. Elke les is kort genoeg om maklik voor te berei, maar bevat genoeg pitkos. Die apparaat is gereed vir gebruik. Dis funksioneel, netjies en kleurvol. Die Bybel self staan deurentyd sentraal. [Helena Kriel, Tekkies kinderbediening, Reitz]

Die kinders leer diep Bybelwaarhede terwyl dit vir hulle na speel voel. Die hulpmiddels is maklik hanteerbaar en die leidsters geniet dit om daarmee te werk. [Ds Otto van Heerden, namens SJK van die OVS]

Jy kry o.a. ook die volgende op www.fxit.co.za:

Gratis VOORBEELDLESSE, ‘n KATALOGUS van die 21 produkte vir gr R tot gr 10 (16 in Afrikaans en 5 in Engels) en ‘n volledige TEMALYS. Die pryse en ander info is by BESTELLINGS.

Die meeste hiervan is ook as e-boeke beskikbaar.