Gelukkige tieners? Die GEHEIM…

“Hou tog net op om my te probeer verstáán!” Logiese versoek. Van iemand wat homself nie lekker verstaan nie.

Dis doodnormaal vir ‘n tiener om wisselende buie te hê, om sterk emosioneel te reageer, om gefrustreerd met volwassenes te wees en om nie te weet of alles reg is  wat vir hom reg voel nie.

Omdat die veranderings wat met puberteit begin, hom onkant betrap, word hy eintlik vir homself ‘n vreemdeling. Hy probeer sy onsekerheid wegsteek agter maskers van selfversekering, aggressie, onverskilligheid, onafhanklikheid en “volwassenheid”.

Hoe bereik ‘n mens iemand wat sy rug op jou draai? Jy gaan sit langs hom en wees ‘n oor wat LUISTER. Sonder om te beskuldig of om geskok te wees. Sonder om te preek.blog verhoudings

Hierdie eenvoudige beginsel geld ook vir tienerbediening.

Die vertrekpunt is om ‘n atmosfeer te skep waarin hy veilig voel om sy binneste uit te dop. Die res is maklik: Luister met oop ore en probeer om die situasie deur sy oë te sien. Dit gaan help om die geldigheid van sy argumente te erken. Respekteer sy teologiese siening – al verskil dit van die tradisionele. Eers dan kan jy hom help in sy soeke na die Waarheid.

 Gaan surf ‘n bietjie op www.fxit.za en jy sal sien FXit hou van hierdie beginsels.

Advertisements

MOEG GEKERSFEES

“Ek kry sommer ‘n spasma op my derms by die gedagte aan Kersfees. Elke jaar is dit net groter en blinker en meer glamorous. Behoorlik ‘n kompetisie onder die familie oor wie se kinders kry die duurste geskenke. En dit vat eeue om oor die spyskaart saam te stem.”

So bekla ons jaar na jaar ons lot en ons kry simptome van uitbranding as gevolg van selfbejammering en oorstimulasie van die brein se frontale korteks.

Blog 8

Dan vertel ons vir die kinders die rede hoekom hulle geskenke kry is nié om hulle gelukkig te maak of te bederf of hulle vol kaste voller te maak nie. O nee, dis om vir Jesus bly te maak, want dis eintlik Hy wat verjaar. (God wat verjaar? Watter Jesus sal bly word oor die manier hoe sy Naam misbruik word om mense se spandabelrigheid en hedonisme te rasionaliseer?)

Toe besluit ek om vir die eerste keer in my meer as drie dekades van lesse skryf ‘n Kersfees reeks saam te stel. En hoor my lied, nie sommer ‘n ordinêre een nie. Nee, een sonder kerse en geskenke en die pop in ‘n skoenboks.

Toe dit klaar is (dit was vandag) was dit vir my ‘n verrassing. ‘n Aangename een, as ek dit mag sê sonder om te klink of ek myself op die skouer klop. Maar ek het mos gebid, so ek is die laaste een om die eer te kry.

Die kort reeksie van drie is in meer as een opsig anders as die ander lesse vir juniors. Dit kan net elektronies versend word, dit het geen visuele hulpmiddels nie en dit gaan saam met ‘n baie kleurvolle PowerPoint program.

Die afskopprys is net R70 – tot 10 November. Dis nog nie op die webblad nie, maar word per e-pos aangevra: susan@fxit.co.za. Die totale pakket is steeds op www.fxit.co.za.

OP SPOED. En toe… DWA!

‘n Ryk en suksesvolle jongman is haastig op pad na ‘n belangrike vergadering. Hy vat sommer kortpad deur ‘n minder gegoede buurt. Dis moeilik om sy nuwe Jaguar in te hou, die ding wil net weg, amper asof hy ongemaklik met die mens-omgewing is.

Toe kom daar ‘n seuntjie na hom toe aangehardloop asof hy hom wil stop. Met sulkes moet ‘n ou nie oogkontak maak nie, dink hy. Dan vat hulle kanse.

Skielik hoor hy dwa! teen die agterste sydeur! Wat de…? blog dwa

Hy slaan remme aan en draai terug na die plek waar die baksteen gegooi is. Toe hy uit die motor spring, gryp hy sommer die snotneusseuntjie voor die bors. “Waddehel dink jy doen jy? Wie’s jy? Dis my splinternuwe kar en kyk hoe lyk hy nou!”

Bewerig pleit die outjie: “Sorry meneer asseblief, maar ek het nie geweet wat om nog te doen nie.” Hy kyk af en begin huil. “Ek het die steen gegooi omdat niemand anders wou stop nie.” Die man kyk hom verbaas aan.

Toe wys hy na ‘n bondel op die oorkantse sypaadjie. “Dis my broer, hy lê al ure daar. Uit sy rolstoel geval, nie die sloot gesien nie. Hy’s te swaar vir my. Kan meneer nie help nie?”

Die jongman sluk die knop in sy keel af. Vinnig stap hy na die gestremde man en help hom terug in die rolstoel. Hy gaan haal sy noodhulptassie en ontsmet sy wonde.

“Baie dankie oom,” sê die seuntjie, “God sal goed wees vir jou, jy sal sien.”

Stadig stap hy terug na sy kar. Die skade is duidelik, maar net daar besluit hy om nie die duik te laat herstel nie. Dit moet hom daaraan herinner om nooit weer so vinnig verby ander te jaag dat iemand jou ‘n baksteen moet gooi om jou aandag te kry nie.

Soms wanneer ons nie tyd het om na God te luister nie, of wanneer ons die kleintjies wat vir Hom kosbaar is minag, kan Hy dalk ‘n “baksteen” gebruik om ‘n duik te maak in dit waaraan ons te veel waarde heg.

 

http://www.fxit.co.za

 

Leer lag-lag

“Hou op lag! Kan julle nie hoor dis die Here wat praat nie?” So waarsku my ouma vir my en Ellie Esau, my speelmaatjie op die plaas, toe ons oor iets lag terwyl die weer dreun.

Ook in die kerk mag ons nooit gelag het nie. Eendag het ek egter gesien hoe ‘n diaken nie kon ophou skud van die lag nie. ‘n Besoekende leraar van die Bybelgenootskap het gepreek. Op ‘n stadium raak hy dramaties en praat in ‘n amper-fluisterstem: “Dan kom die einde. En op daardie dag gaan dié wat nie vir die Here gegee het wat Hom toekom nie, ‘n onaangename verrassing kry. Hulle sal hoor: “UIT! UIT IN DIE BUITENSTE DUISTERNIS!” En met dié skrik tannie Poppie le Roux wat net agter die diakens sit, so groot dat sy gil sonder om tien te tel: “O jou bliksem!” Nie baie hard nie, maar ‘n paar diakens kon dit vir seker hoor!

Die arme kinders is geknyp of agterna gestraf as hulle nie stil gesit het in die kerk nie. Soms moes hulle sommer soggens èn saans kerk toe gaan.

God is dan gevisualiseer as ‘n “kwaai ou oom”. Altyd op die uitkyk vir stout kindertjies sodat Hy hulle kan straf. “Die Here sal jou straf as jy nie doen wat ek sê nie.”

Waarom? Waarom was dit so dat vrolikheid en vreugde nie met God geassosieer is nie? Ek Blog Christ of Apocalypsewonder of die voorstellings van God in antieke kunswerke nie deels hiervoor te blameer is nie. Die een langsaan, Christ of Apocalypse deur Milano in 1365, is ‘n tipiese voorbeeld: Jesus, ‘n bebaarde, ernstige ou man. Asof dit nie genoeg was nie, sluit die sketse in talle Kinderbybels aan by hierdie dwaling.

Dankie tog, ons is grootliks daar verby. Of is ons nou na die ander kant toe? Is die regte ding nou om met God of Jesus te praat soos met jou pêl op die sportveld? “Here, nou moet jy hier inkom. Help my om die issue te fix, dis te swaar vir my, jy’s mos slimmer as ek.” Jy’t seker ook al dié soort taal gehoor. Ja, Hy is by ons, in ons. Maar Hy’s nie op ons vlak nie.

Die FXit produkte skep balans tussen tè en tè. Te swaar en te lig; te hoog en te laag.

Die humor in die tienerreekse is nie “aangeplak” of steurend nie, maar effektief tot die ontwikkeling van die tema. Leermetodiek by die junior afdeling is deur pret en spel. Dis immers hulle natuurlike taal van kommunikasie

As jy nuuskierig is oor hoe dit werk om lag-lag te leer, gaan na www.fxit.co.za.

Ervaringsleer in die Sondagskool

Ervaringsleer het begin toe jy jou eerste skree gegee het. Blog e.leer

Dis reeds algemene kennis dat jy gedurende jou eerste twee lewensjare meer nuwe dinge geleer het as gedurende die res van jou lewe. Hoe? Deur ervarings.

Mense word deur ervarings gevorm.

ERVARINGSLEER is die proses wat ‘n kind tot ‘n volwassene laat ontwikkel. Die beginsel geld ook vir godsdiensopvoeding.

“Maar ervaringsleer in die Sondagskool? Dit kan tog nie. Hulle moet mos feite leer. En feite kan jy net leer as iemand jou daarvan vertel.” Dis tant Katti Gismus se mening.

Die tannie sit op slag die pot mis. Sy verstaan nie dat die evangelie nie uit feite saamgestel is nie, maar dat dit ten diepste gaan dit oor ‘n verhouding tussen ‘n Vader en sy kinders. Dis daarom gepas dat die ervaringsleer ook in ‘n verhoudingsomgewing sal plaasvind.

Loer gerus in by http://www.fxit.co.za vir maklike maniere om ervaringsleer toe te pas. Die kurrikulum sluit jaarprogramme vir gr 0 tot 12 in. Dis gepas vir skole, Sondagskole, kinderkerk, tienerkleingroepe, kampe, ens.

Die eerste tree na verandering

Ek begin die blog. Dis die eerste tree.

Jy sal verbaas wees hoeveel aanhalings van beroemde mense jy kry as jy the first step gaan Google.

Ek het dié een van Deborah King gekies, want dit sê die duidelikste wat my motiveer om ‘n blog te bedryf: Awareness is the first step to healing.First step

Hierdie blog wil “awareness” skep. Meer mense moet bewus word van die simptome van die baie algemene terminale toestand: Godsvervreemding.

Kinders en jongmense is die belangrikste pasiënte wat gediagnoseer moet word. Want as ‘n mens die simptome op ‘n vroeë ouderdom effektief kan aanspreek, kan baie lewens gered word.

Die behandeling is eenvoudig. Regtig. Dit gaan oor wat jy eet. Oor wat jy inneem en hoe dit jou lewe verander.

Want as dit nie jou lewe verander nie, bly jy ‘n draer van die virus wat die dodelike siekte veroorsaak. Jy’s met daardie virus gebore.

Kom stap saam met my. Dan help ons die kinders en jongmense om die eerste tree te gee op die pad na verandering…

Susan Fourie

(Gaan loer gerus in by www.fxit.co.za)