Die eerste tree na verandering

Ek begin die blog. Dis die eerste tree.

Jy sal verbaas wees hoeveel aanhalings van beroemde mense jy kry as jy the first step gaan Google.

Ek het dié een van Deborah King gekies, want dit sê die duidelikste wat my motiveer om ‘n blog te bedryf: Awareness is the first step to healing.First step

Hierdie blog wil “awareness” skep. Meer mense moet bewus word van die simptome van die baie algemene terminale toestand: Godsvervreemding.

Kinders en jongmense is die belangrikste pasiënte wat gediagnoseer moet word. Want as ‘n mens die simptome op ‘n vroeë ouderdom effektief kan aanspreek, kan baie lewens gered word.

Die behandeling is eenvoudig. Regtig. Dit gaan oor wat jy eet. Oor wat jy inneem en hoe dit jou lewe verander.

Want as dit nie jou lewe verander nie, bly jy ‘n draer van die virus wat die dodelike siekte veroorsaak. Jy’s met daardie virus gebore.

Kom stap saam met my. Dan help ons die kinders en jongmense om die eerste tree te gee op die pad na verandering…

Susan Fourie

(Gaan loer gerus in by www.fxit.co.za)