Om die jeug te entertain met die doel om getalle te trek het al in baie gevalle kerkkultuur geword Dis die grootste tragedie wat jeugbediening wêreldwyd getref het.
Maar geluk by die ongeluk: Dit het mense wat ʼn passie het om die Woord as Goddelike waarheid aan die jeug oor te dra, met ʼn nuwe bril na beter leertegnieke laat kyk.
Lekker-leer is meer effektief. “Joyous states allow us to flourish and to feel well-being. Moments of pleasure may mark learning at its best” (Daniel Goleman in SOCIAL INTELLIGENCE).
Edutainment (educational entertainment) en infotainment het nagenoeg dieselfde doel, naamlik om leerinhoud (feite of boodskap) so oor te dra dat die leerder dit as aangenaam ervaar. Indien reg toegepas, is hierdie metode vir seker meer produktief as die konvensionele verbale oordrag.
Gratis voorbeelde van edutainment vir skool en Sondagskool by www.fxit.co.za.